Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Windsbruid" deur Henning Pieterse
"Windsbruid" deur Henning Pieterse [boodskap #7982] Do, 09 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
WINDSBRUID
( na 'n skildery van Kokoschka)
Henning Pieterse

Dae is leeg gewaai
met die aand knip hy sy oë
en skud die laaste sonstof uit
die wind se baard
wat wolke gevleg het
gaan lê nou soos 'n ou man
verwaaid kyk ek uit
en knip my oë
teen die sagte aand
toe kom jy soos 'n windsbruid ingewaai
en vly jou hare
vol teen my aan

(gepos deur gloudina bouwer)
Re: "Windsbruid" deur Henning Pieterse [boodskap #8008 is 'n antwoord op boodskap #7982] Sa, 11 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina,

Nou kan ek ook jou gedigte waardeer.

Baie dankie
JHV
Re: "Windsbruid" deur Henning Pieterse [boodskap #8016 is 'n antwoord op boodskap #7982] Sa, 11 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , jgde...@clear.net.nz says...
>
> klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) writes: > Gloudina,
>>
>> Nou kan ek ook jou gedigte waardeer.
>>
>> Baie dankie
>> JHV
>
> Ek sou graag meer inligting oor Henning Pieterse wou kry. Ek was in Pretoria
> op skool (Menlopark) en het n Voortrekker offisier gehad met die naam.
> So ver ek weet werk hy vir die dept van buitelandse sake.
>
> En ook dankie vir die gedigte veral die oorlog gedigte aan Gloudina.
>
> AUDAUCES SERVAMUS
> Jules
>

Nee, ek dink nie hy is jou Henning Pieterse nie. Hy is
professor aan UNISA in Pretoria, en hoofredakteur van die
"Tydskrif vir Letterkunde."

Gloudina Bouwer
Re: "Windsbruid" deur Henning Pieterse [boodskap #8017 is 'n antwoord op boodskap #7982] Sa, 11 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
jgdebeer  is tans af-lyn  jgdebeer
Boodskappe: 37
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) writes: > Gloudina,
>
> Nou kan ek ook jou gedigte waardeer.
>
> Baie dankie
> JHV

Ek sou graag meer inligting oor Henning Pieterse wou kry. Ek was in Pretoria
op skool (Menlopark) en het n Voortrekker offisier gehad met die naam.
So ver ek weet werk hy vir die dept van buitelandse sake.

En ook dankie vir die gedigte veral die oorlog gedigte aan Gloudina.

AUDAUCES SERVAMUS
Jules
Vorige onderwerp: "Ballade van die Nagtelike Ure " - N.P. van Wyk Louw
Volgende onderwerp: Koos Kombuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 14:28:02 MGT 2024